Besigheidsmense Byeenkoms elke Vrydag
Die Besigheidsmense Byeenkoms vind elke Vrydag by Zappas in Murrayfield plaas. Die fooi van R30 kan kontant of per kaart betaal word.
Ons kom van 13:30 af bymekaar. Verrigtinge begin 2-uur.
Ons het gewoonlik 'n gasspreker wat 'n kort praatjie lewer oor 'n interessante onderwerp. Daarna kry elkeen die geleentheid om homself voor te stel en te vertel van sy besigheid. Elkeen wat die eerste keer 'n funksie van die Skouerskuur Kooperasie bywoon, kry 'n toegif van eienaarskap ter waarde van R2000 in ons internasionale maatskappye.
RSVP: Jacoba op 0765275720
Terug | Terug na bo |