Die Skouerskuur Koöperasie is deel van Die Welvaart Koöperasies Alliansie Pretoria, en is op 14 Augustus 2024 gestig. As ‘n Koöperasie doen ons dit anders. Ons behoort aan ons lede en ons doen wat ons lede wil doen. Hulle het stemreg. Kom kuier saam en besluit dan of jy graag ‘n lid sal wil wees. Almal is natuurlik welkom – bring gerus ook vriende saam.
Ons doelstelling is om besigheidsmense bymekaar te bring om mekaar te ontmoet, te netwerk en saam te kuier. Op die manier word verhoudings gebou en mense begin met mekaar besigheid doen.
Die Skouerskuur Besigheidsmense Byeenkoms vind elke Vrydag plaas, by Zappas, Rossouwstraat, Murrayfield, Pretoria Oos, vanaf 14:00.
Koste: R30 (kos en drankies vir eie rekening).
Elkeen kry die geleentheid om homself voor te stel en van sy besigheid te vertel. Daarna eet, drink en kuier ons.
Kontak Jacoba op 0765275720 teen die Woensdag om te bevestig.
Terug | Terug na bo |