Sluit aan
 

Word deel van die Kooperasie beweging in Suid-Afrika, in samewerking met die Welvaart Kooperasies.

Sodra jy hierdie vorm ingevul het, word 'n lidnommer / SK-nommer aan jou toegeken en een aandeel word aan jou toegeken , ter waarde van R1

Jy mag addisionele aandele koop teen R100.00 vir 100 aandele. 

Sodra jy 20 Skouerskuur Besigheidsmense Byeenkomste of Sosiale Bring-en-Braai Byeenkomste bygewoon het, ontvang jy 100 aandele, ter waarde van R100. Jy kry ook 'n Bywoningskaartjie met 20 blokkies op, wat jou gratis bywoning van 20 byeenkomste gee Jy kan dit gebruik vir jouself of vir gaste. Sodra die 20 blokkies vol is, begin jy weer die gewone fooi betaal. 

Die fondse ingewin word gebruik vir winsgewende projekte. waaroor die lede besluit en stem. Aan die einde van die finansiele jaar word 'n gedeelte in reserwe gehou en 'n gedeelte word uitbetaal in dividende, mits die kooperasie 'n wins / surplus verklaar in 'n boekjaar. Dit geskied volgens lede-ooreenkoms en stemming.

Elke lid het net een stem, maar dividende word uitbetaal volgens aandele in besit. 

Die Skouerskuur Kooperasie se doelwit is om byeenkomste te hou vir besigheidsmense om mekaar te leer ken en met mekaar besigheid te doen en ook sosiale funksies om interaksie op 'n informele, ontspanne manier te bevorder.

Ons deel ook skaars en duur hulpbronne met mekaar. In ons geval het almal 'n behoefte om meer kliente te kry. Ons ondersoek voortdurend maniere en geleenthede waar ons lede kliente kan ontmoet.

Deur aan te sluit by die Skouerskuur Kooperasie, word jy 'n aandeelhouer van die kooperasie. Jy het dus stemreg en kan besluite beinvloed deur vergaderings by te woon.

Die kooperasie se fokus is op die lede en hulle behoeftes.

Ons bou saam aan ons welvaart, skouer aan skouer. 

 
  Vul asseblief in::
     
  Naam en Van:
  Eposadres:
  Selnommer:
  Identiteitsnommer:
  Woonadres:
  Beroep:
  Besigheidsnaam:
  Webwerf:
  Verwys deur:
     
  Toestemming om kommunikasie oor byeenkomste en kooperasiesake te ontvang
     
  Ja
  Nee
   
  Toestemming om my besigheids- en kontakbesonderhede op die webwerf en sosiale media te lys:
     
  Ja
  Nee
   
  Toestemming om in fotos en videos te verskyn:
     
  Ja
  Nee
   
  Ek wil graag addisionele aandele koop teen R100 vir 100 aandele:
     
  Ja
  Nee
   
 


 
Terug Terug na bo